Straatbraai ‘n heerlike fees
Die Le Roysingel-straatbraai in Bendor Village op Erfenisdag by die huis van Sous en Celeste Greyvenstein was, soos voorspel, 'n genotvolle gebeurtenis
Die Le Roysingel-straatbraai in Bendor Village op Erfenisdag by die huis van Sous en Celeste Greyvenstein was, soos voorspel, ‘n genotvolle gebeur-tenis vir omtrent 40 braaiers.
Dirk Liebenberg, Limpopo se welbekende braai-koning het vir gaste ‘n gerolde varknek waarvan die resep in Review verskyn het, gebraai as bewys dat die regte ding nog lekkerder is as wat dit op koerantpapier lyk en klink.
Party van die ander straatbraaie in Bendor Village het selfs na 15:00 by dié een kom aansluit.
Die gaste het van 12:00 tot laat gekuier en gebraai.
Die geleentheid was ‘n sukses en braaiers het saamgestem dat dit ‘n tradisie is wat aan die na-geslagte oorgedra sal moet word.



