Local NewsNews

Patrick se rol in SA-raad

Om jou provinsie te verteenwoordig is vir enige persoon 'n groot eer, en vir Patrick Tshia (46) soveel te meer, want sy teenwoordigheid op die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede kan 'n groot verskil vir Limpopo se mense maak.

Om jou provinsie te verteenwoordig is vir enige persoon ‘n groot eer, en vir Patrick Tshia (46) soveel te meer, want sy teenwoordigheid op die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede kan ‘n groot verskil vir Limpopo se mense maak.

Patrick het sy linkerarm 16 jaar gelede in ‘n motorongeluk verloor. Hy vertel hy lewe as ‘n normale mens met ‘n normale gesinslewe en ‘n normale werk.

“Ek het twee kinders, een is tans in Johannesburg en die ander een is nog hier op skool. My jongste seun verafgod my. Hy is opgewonde oor my prestasies en hy sien ek doen my bes in al die take wat ek aanpak,” vertel Patrick trots.

Patrick is deur die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) Limpopo genomineer om die provinsie te verteenwoordig op die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede en hy is later verkies om op die nasionale raad te dien.

“Ek moet Limpopo by die South African Disability Aliance (SADA) verteenwoordig, alle werk vir die provinsie by die nasionale raad hanteer en dan kan die raad besluit waar ek nog gebruik kan word.”

“Ek het glad nie verwag om verkies te word nie. Ek was baie verbaas. Maar ek is baie bly, want dit wys dat ek verandering in die lewens van mense met gestremdhede kan bring.”

Christa van der Walt, direkteur van Eeufeeshuis, sê Patrick se verkiesing is ‘n groot voordeel vir mense met gestremdhede in die provinsie.

“Ons weet jy sal hard werk en sy bes doen om Limpopo se belange te bevorder.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button