NewsSchools

Pieties-talentaand vol sirkuspret

Hoërskool Pietersburg se Pietie-talentaand het gesorg vir hope pret en vermaak

Hoërskool Pietersburg se Pietie-talentaand het gesorg vir hope pret en vermaak verlede Donderdagaand.

Die tema van die aand was Sirkus en die sirkusbaas, Chante Jardim, het die gehoor aan die lag gehou met haar kwinkslae.

Die Pieties het geen tekort aan talent nie en die leerders wat aan die talentaand deelgeneem het, het nie teleurgestel nie.

Met sang, dans en drama het hulle verseker dat die gehoor hierdie aand nie gou sal vergeet nie.

Tertia Hartslief, ‘n lid van die gehoor, het gesê dat sy nooit in haar lewe kon dink dat leerders op skoolvlak soveel talent kon hê nie.

Sy het vertel sy was aangenaam verras met die produksie.

“Daar is soveel talent in die skool. Ons hou net duim vas dat hierdie talent nie net op die skoolverhoog gaan bly nie.” het sy gesê.

Meer foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button