NewsSchools

Entrepreneurs se geldplanne

Laerskool Pietersburg-Oos se gr. 4- tot 6-leerders het verlede Vrydag sakke vol geld gemaak tydens die skool se entrepreneursdag.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se gr. 4- tot 6-leerders het verlede Vrydag sakke vol geld gemaak tydens die skool se entrepreneursdag.

“Ek wil die geld wat ek maak spaar vir ‘n selfoon,” het Desiree Swanepoel, ‘n gr. 4-leerder wat saam met haar vriendin, Elandri van Tonder, pizza-skywe verkoop het, vertel.

Die meeste van die sakemanne en -vroue het saamgestem dat hulle die geld wat hul maak vir ‘n selfoon of ‘n nuwe paar skoene wou gebruik.

Die leerders het vele produkte, van speelgoed en springmielie-handskoene tot soetgoed,verkoop en verseker baie geleer oor die gees van entrepreneurskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button