Local NewsNews

DA-raadslid draai die kollig op kwaliteit van dienslewering

GOEIE dienslewering lê hom na aan die hart, sê Korny Dekker, DA-raadslid van wyk 31.

MOKOPANE – GOEIE dienslewering lê hom na aan die hart, sê Korny Dekker, DA-raadslid van wyk 31.

“Van die hoofstraat tot by die verste sy-strate sien ‘n mens tekens van swak dienslewering deur die Mogalakwena Munisipaliteit.

“Daar gaan nie ‘n dag verby waar daar nie iewers in die dorp riool is wat oorloop nie. Dit is veral die inwoners in die deel aangrensend aan die gholfbaan wat by my kla oor die rioolreuk,” sê Dekker.

“Die dorp se waterpype wat dikwels bars en herstelwerk wat soms vir maande lank uitgestel word, wek veral kommer, so ook die toestand van die dorp se sy-paadjies,” sê Dekker.

Hierby foto’s wat Dekker geneem het om te wys hoe diens-lewering agteruitgaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button