Local NewsNews

Elize se beroep is al 2de natuur vir haar

Vir Elize Bothma is dit egter al tweede natuur om 'n persoonlike assistent te wees.

POLOKWANE – In die moderne werkplek waar mense maklik van pos na pos beweeg, sien mens nie meer dikwels dat iemand vir byna twee dekades lank aan een posbenaming dra nie.

Vir Elize Bothma is dit egter al tweede natuur om ‘n persoonlike assistent te wees.

Sy vertel sy het aanvanklik by die Poskantoor begin werk waar sy vir 11 jaar lank die areabestuurder se persoonlike assistent was.

“Daarna het ek by Christian Achievers Academy begin werk is is al die afgelope ses jaar lank die skoolhoof, Norma Grant, se persoonlike assistent,” sĂȘ sy.

Sy sĂȘ die werksomgewing by die skool is baie anders as by die Poskantoor, maar haar werk as persoonlike assistent bly min of meer dieselfde.

“Ek moet dokumente tik, navrae doen namens die skoolhoof en op persoonlike vlak die persoon vir wie ek werk bystaan,” verduidelik sy.

“Dit is belangrik om betroubaar te wees en om op jou voete te kan dink. Ek dink ook dit is belangrik om altyd netjies, lojaal en positief te wees. Menseverhoudinge en etiket is ook baie belangrik vir iemand in my posisie.”

ElizĂȘ sĂȘ sy is bereid om lang ure te werk en sy het respek vir alle mense.

“Ek moet onder groot druk kan werk, want as iets skielik gebeur, moet ek kan byhou sonder enige verskonings,” sĂȘ sy.

Sy verduidelik dat ‘n persoonlike assistent vir topbestuur werk en nie vir die res van die organisasie se personeel nie.

“‘n Sektretaresse is daar om die res van die personeel administratief by te staan, maar ‘n persoonlike assistent is net daar vir die topbestuur.”

Elize sĂȘ sy het geleer om geduldig en aanpasbaar te wees deur die jare. Goeie luistervaardighede en deernis is ook karaktereienskappe wat dit vir haar makliker maak om haar werk te doen.

Sy vertel ook dat sy soms vreemde take ook moes verrig.

“Ek was al ‘n Paashaas, ‘n geskenk vir iemand en selfs Kersmoeder. Dit is daardie ekstra take wat jy aanpak wat die druk van jou bestuurder afhaal en kosbare herinneringe skep.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button