CrimeNews

Veedief gaan 16 jaar sit

HOEWEL die veedief Tinus Groenewald net effektief 16 jaar tronkstraf gaan uitdien, is 80 jaar tronkstraf verlede week aan hom opgelê weens die miljoene rand se bokke en beeste wat hy in Limpopo en Noordwes gesteel het.

MOKOPANE – HOEWEL die veedief Tinus Groenewald net effektief 16 jaar tronkstraf gaan uitdien, is 80 jaar tronkstraf verlede week aan hom opgelê weens die miljoene rand se bokke en beeste wat hy in Limpopo en Noordwes gesteel het.

Groenewald, ‘n boer van Heidelberg, is in die Mokopane streekhof deur landdros Gerhard Pretorius gevonnis tot 80 jaar tronkstraf. Die vonnisse op verskeie aanklagte van diefstal sal egter gelyktydig uitgedien word, wat beteken dat hy 16 jaar agter tralies gaan sit.

Groenewald wat deel was van ‘n veediefstalsindikaat het emosieloos voor hom gestaar. Hy het reeds kort na die aanvang van sy verhoor op Donderdag, 19 Februarie, skuld beken op tien aanklagte van veediefstal.

Die diefstalle is gepleeg op plekke wat aan nasionale paaie grens. Grensdrade is geknip en daar is met ‘n vragmotor tot by die vee gery waar dit opgelaai is. Groenewald het hom in 2013 aan die polisie oorgegee nadat een van sy vragmotors op kringtelevisie by die Kranskop-tolhek naby Modimolle afgeneem is. Sy twee mede-beskuldigdes, Andries en Titus Chauke wat beweer hulle is onskuldig, sal apart verhoor word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button