CrimeNews

Boer se verminkte lyk in waterkuil gekry

Die erg verminkte lyk van ’n boer van die Swartwater-distrik in Limpopo is Maandagoggend op die plaas gekry.

LIMPOPO – Die erg verminkte lyk van ’n boer van die Swartwater-distrik in Limpopo is Maandagoggend op die plaas gekry.

 

Hy is vermoedelik reeds Saterdag vermoor. Louis-John Botha, in sy vroeë 60’s, se lyk is omstreeks 11:00 op sy plaas gekry.

Die plaas is sowat 12 km buite Swartwater op pad na Alldays.

Bure van Botha is na die plaas om ondersoek in te stel wanneer hulle hom nie in die hande kon kry nie.

Hulle het glo op bloed op die stoep afgekom.

Daar was ook tekens dat daar by die plaashuis ingebreek is.

Die polisie het sedertdien die gebied gefynkam. Spoorsnyers is ontplooi om na die moordenaars te soek.

Lees meer

 

via Netwerk24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button