CrimeNewsUpdate

4 verdagtes verskyn in landdroshof na moord op dokter

Die vier vermeende moordenaars, almal van Zimbabwe, het in die Mokopane-landdroshof verskyn weens die moord op Botha op sy wildplaas.

MOKOPANE – Die vier vermeende moordenaars, almal van Zimbabwe, het in die Mokopane-landdroshof verskyn weens die moord op Botha op sy wildplaas.

Bruce Mho (23), Trymore Nyube (23), Daniel Lismart (27) en Anton Moyo (27) sal in aanhouding bly tot hul borgtogaansoek later die maand.

 


 

LIMPOPO – Vier verdagtes is Vrydagoggend naby Groblersdal deur ‘n span speurders van Limpopo in hegtenis geneem na die moord op dr. Louis-John Botha Saterdag. 

Dr. Louis-John Botha se gesteelde selfoon en pistool is glo by die verdagtes gekry.

‘n Afgetrede dokter wat jare lank op Lephalale praktiseer het se erg verminkte lyk is Maandag op sy plaas gevind, sowat 200 meter van sy huis waar hy vermoedelik reeds Saterdag vermoor is.

Louis-John Botha (64) se lyk is in ‘n waterkuil op sy plaas, Gwelo Safaris, ongeveer 12 km vanaf Swartwater gevind.

Sy vriendin, wat ook op die plaas bly, was vir die naweek Pretoria toe. Sy kon hom na bewering Saterdag nie in die hande kry nie en toe sy steeds Sondag hom nie in die hande kon kry nie, het sy van die bure gekontak om ondersoek in te stel.

Hulle het tekens gevind dat daar ‘n inbraak plaasgevind het by sy huis en bloed op die stoep en in die huis gesien. Die polisie is ontbied.

Volgens Kol Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, lyk dit volgens die voetspore of Botha deur drie persone aangeval is. Die kluis was oop, maar daar is nie sekerheid oor wat moontlik gesteel is nie. Teen gisteroggend is niemand nog in hegtenis geneem vir die moord nie. Die polisie is op soek na vier verdagtes in verband met die moord, het Otto bevestig.

Botha het sowat 15 jaar gelede heeltyds begin boer met wild op sy plaas. Hy laat twee dogters, Riëtte Bredenkamp van Pretoria en Melanie Sloan in Australië agter asook sy 85-jarige moeder Iva, wat ook in die Swartwater-omgewing woon.

Sy seun, ook Louis-John, en dié se vriendin is laasjaar in ‘n vliegtuigongeluk dood naby Prieska.

Botha was Maandag, 9 Maart vanuit die N.G. Kerk Swartwater begrawe.

 

Boer se verminkte lyk in waterkuil gekry

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button