CrimeNews

Verdagte deur hulle platgetrek

TWEE veiligheidswagte van Strike Force het verlede Saterdagmiddag 'n gewapende verdagte in Ruiterstraat platgetrek.

TWEE veiligheidswagte van Strike Force het verlede Saterdagmiddag ‘n gewapende verdagte in Ruiterstraat platgetrek.

Willie Harmse en Dawid Pieterse van Strike Force, is deur twee polisiebeamptes gevra om hul te help om ‘n gewapende verdagte plat te trek wat op vlug was.

Volgens Willie het hy en een van die polisiemanne die verdagte agterna gesit wat skuiling gaan soek het in ‘n huis in Ruiterstraat.

“Die beampte het ‘n waarskuwingskoot afgevuur, waarna die verdagte ‘n wapen op my gerig het, ek het ‘n skoot langs hom afgevuur, en hy het die wapen laat val,” sê Willie.

Die polisie en Pieterse was vining op die toneel en die verdagte is inhegtenis geneem.

Die saak word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button