Local NewsNews

Bly jy of ry jy dié Paasfees?

Review praat met inwoners oor hulle planne vir die vakansie.

POLOKWANE – Na bykans drie maande van vroeg opstaan, skoolklere aantrek en toetse skryf het die April-vakansie uiteindelik vir leerders aangebreek.

Dit is ook die Paasvakansie waar kinders vir die paashaas wag en na paaseiers soek.

Review praat met inwoners oor hulle planne vir die vakansie.

Lionel  Zanna.
Lionel Zanna.

Lionel Zanna vertel dat hy nie graag gedurende April met vakansie gaan nie.

“Dit is nie vir my ‘n goeie tyd in die jaar nie en ek verkies om by die huis te bly. As ek wel sou weggaan, sal ek graag Japan, Thailand of Italië toe wou gaan.”

Violet Mogotsi.
Violet Mogotsi.

Violet Mogotsi vertel dat sy en haar familie Paasfees saam vier deur kerk toe te gaan.

“Ek wil in hierdie tyd by my familie wees en sal dus weggaan en die vakansie by ons familiehuis deurbring,” sê sy.

Nthabeleng Matiti.
Nthabeleng Matiti.

Vir Nthabeleng Matiti is Paasfees spesiaal en daarom gaan sy en haar dogter na haar ouerhuis in Johannesburg. “My dogtertjie is tien en ek neem haar gewoonlik kerk toe vir die Paasdiens. Dit is vir my baie belangrik.”

Barbara Bester sê dat haar man gewoonlik op bystand werk en dus bly hulle tuis. Haar een kind gaan wel met vakansie saam met haar kêrel en vir die kleinkinders word Paaseiers weggesteek.

Heila Southon.
Heila Southon.

Heila Southon is ses en vertel dat sy by die huis bly aangesien haar ouers nie met vakansie wil gaan nie. “Soms gaan kuier ons in Pretoria by my niggies en nefies. Ek hou daarvan om saam met my ma en pa Paasfees te vier,” sê sy.

Jaco Villoen.
Jaco Villoen.

Jaco Villoen vertel hy is maar ‘n huismens en gaan dus ook nie oor die Paasvakansie weg nie.

Jesse en Monique Jones.
Jesse en Monique Jones.

Jesse en Monique Jones is broer en suster. Monique vertel sy beplan on die vakansie rustig by die huis deur te bring terwyl Jesse opgewonde vertel dat hy na ‘n vriend se plaas gaan waar hulle heerlike plaasdinge gaan doen.

Of daar nou by die huig gebly gaan word en of inwoners op reis gaan vir die vakansie, die geur van sjokolade hang in die lug en die vakansiegees kan nie gedemp word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button