Local NewsNews

Griekse gebruike op eie bodem

Plaaslike inwoners het op 26 Maart die geleentheid gehad om gebruike van ander kulture op eie bodem te beleef toe Ocean Basket Mall of the North 'n Griekse aand aangebied het.

POLOKWANE – Plaaslike inwoners het op 26 Maart die geleentheid gehad om gebruike van ander kulture op eie bodem te beleef toe Ocean Basket Mall of the North ‘n Griekse aand aangebied het.

Borde is gebreek en die klanke van Zorba, Laaste Syrtaki, Acropolous Adiu en My Friend The Wind het pret en plesier aan die aand verleen.

Gaste het ingesluit ‘n Griekse familie, vriendinne wat saam kuier en die Pepps Polokwane Preparatory Art Class wat hul afsluiting by Ocean Basket geniet het. Die groep wat musiek gemaak het, is Amrian Terblanche, Janus van der Westhuizen, Tobias Strydom en Martin van der Westhuizen, ‘n groep vriende wat saamgekom het vir dié doel.

Delmarie Strydom het haar verjaardag gevier en Ida Heymann het sommer ‘n vooraf feesviering vir haar verjaarsdag gehou. “Dit is ‘n heerlike aand. Die atmosfeer is feestelik. Ek gaan die volgende Griekse aand beslis bywoon,” vertel Annerie Rabie, een van die gaste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button