MOKOPANE – ‘N meisie van 15-jaar is Maandagmiddag met ‘n haelgeweer doodgeskiet op ‘n kleinhoewe in Lisbon.
Haar vriend, wat 17-jaar-oud is, was by toe die skietongeluk plaasgevind het.
Die seun en meisie se identiteit word beskerm word omdat hulle minderjarig is.
Volgens ‘n mediaverklaring wat deur die Mokopane polisiewoordvoerder, konst. Mmadikgale Masingi uitgereik is, het die seun na bewering die haelgeweer uit ‘n kluis gaan haal om aan die eienaar te oorhandig toe die geweer per ongeluk afgaan en sy vriendin getref is.
Die meisie is dadelik na die Voortrekker-hospitaal gejaag deur die nooddienste maar het by die hospitaal beswyk, sê Masingi. Die wetlike prosedures moet eers gevolg word voordat die seun in die hof sal verskyn, omdat hy minderjarig is, sê Masingi.



