Local NewsNews

Master Maths sentrum vereer vir goeie werk

DIE Master Maths sentrum in Mokopane het begin vanjaar 'n spog sertifikaat vir die erkenning van uitnemendheid, vanaf die groep se konsessiehouer, by die Indaba Hotel in Johannesburg ontvang.

MOKOPANE – DIE Master Maths sentrum in Mokopane het begin vanjaar ‘n spog sertifikaat vir die erkenning van uitnemendheid, vanaf die groep se konsessiehouer, by die Indaba Hotel in Johannesburg ontvang.

Die Master Maths sentrum is geregistreer om voorbereiding te doen vir die Independent Examinations Board,(IEB), vir leerders wat wiskunde buite skool neem.

Alle dienste word hiervoor verskaf by die sentrum en klasse word aangebied vir leerders van gr. 4 tot gr. 12.

Dit is hierdie jaar die sentrum se tiende bestaansjaar en Elsie Myburgh, die eienaar en stigter, is trots op die sukses wat die sentrum al bereik het. Elsie bedank die ouers en leerders van Hoërskool Piet Potgieter, Laerskool Kruger Park en die Mokopane Academic School of Excellence, (MASE) asook die leerders wat gedurende die vakansie klasse kom bywoon het, omdat hulle ver uit die dorp bly en skoolgaan vir hulle ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button