Bosveld NewsNewsSchools

Hansies gereed vir toekomstige tegniese uitdagings

HOëRSKOOL Hans Strijdom op Mookgophong is een van die gekose skole wat van aanstaande jaar meganiese-, elektriese- en siviele tegnologie as vakke mag aanbied.

MOKOPANE – HOëRSKOOL Hans Strijdom op Mookgophong is een van die gekose skole wat van aanstaande jaar meganiese-, elektriese- en siviele tegnologie as vakke mag aanbied.

“Slegs skole met toegeruste werkswinkels mag van 2016 meganies, elektries en siviel aanbied,” sê George Klopper, skoolhoof. Ander skole wat nie fasiliteite het nie mag slegs tegniese rigtings aanbied volgens die geriewe wat die skole het. Daar is dus ‘n enorme klomp leerders wat in skole sit met sogenaamde “tegniese vakke” wat van 2016 nie meer met tegnies in die skole sal mag voortgaan nie.

Ouers met kinders in skole wat nie geïdentifiseer is vir die program nie, gaan teleurgestel wees wanneer hierdie leerder in matriek kom en besef dat hy/sy nie die korrekte “tegniese” sillabus gevolg het vir ‘n beroep in die tegniese veld nie.

Klopper sê met die nuwe verwikkelinge in 2016 kan ander “nie-tegniese skole” sekere tegniese vakke aanbied, bv. IGO (ingenieurs grafika en ontwerp) – maar leerders wat daardie tegniese vakke neem, sal nie tegniese wiskunde en tegniese wetenskap kan neem nie. Die wiskunde en wetenskap is spesiaal vir skole geskryf wat drie en meer tegniese vakke aanbied. Leerders wat die rigting volg sal reeds na matriek al klaar N3 hê en sal nie ‘n verdere jaar hoef te studeer aan ‘n kollege om eers sy N3 te kry nie.

Die jaar na matriek kan hierdie leerder dus met sy N4 kursus begin. Leerders wat tegniese wiskunde en tegniese wetenskap neem sal derhalwe kwalifiseer vir universiteitstoelating. Indien ‘n leerder ‘n tegniese vak asook IGO neem, kwalifiseer die leerder om tegniese wiskunde en tegniese wetenskap te neem. Hierdie is nuwe vakke vir tegniese skole om die studierigtings meer beroepsgerig te maak en sodoende sal ‘n leerder nie net gr. 12 slaag nie, maar sal hy ook ‘n N3 kwalifikasie behaal.

Hoërskool Hans Strijdom is een van die bevoorregte skole wat werkswinkels het en van 2016 af meganies, elektries en siviel mag aanbied. In die meganiese rigting sal die skool pas-en-draai aanbied met sweis- en metaalwerk as latere moontlikheid. In die siviele rigting bied die Hansies boukonstruksie aan en in die elektriese rigting bied die skool swaar stroom elektrisiteit aan.

Sedert die nuwe bedeling het Hans Strijdom nog nooit opgehou om dié rigtings aan te bied nie. Met die huidige vaardigheidstekort in die land aan die spesifieke rigtings is die regering genoodsaak om weer die skole hulle nodige erkenning te gee en daar gaan selfs fondse van regerings kant af beskikbaar gemaak word om die ou tegniese skole se fasiliteite op te gradeer.

Klopper sê baie ouers redeneer dat hulle hul kinders eers van gr. 10 na ‘n tegniese skool wil stuur, aangesien die leerders dan hulle vakkeuses gemaak het. Om reeds in gr. 8 in die sentrums te kan werk, is ‘n bonus vir ‘n leerder wat in ‘n tegniese rigting wil studier.

Hans Strijdom het uitstekende seuns- en dogterskoshuise wat tans opgradeer word om ‘n toevloei van leerders, lokaal en omliggende gebiede asook van Gauteng, te kan huisves.

Klopper nooi voornemende ouers om hom te kontak by 014 743 2151.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button