Local NewsNews

Sangaand by Gereformeerde Kerk

Die Gereformeerde Kerk-Suid in Mcdonaldstraat het op Vrydag, 5 Junie die aandkoue met musiek uit die boonste rakke verjaag.

POLOKWANE – Die Gereformeerde Kerk-Suid in Mcdonaldstraat het op Vrydag, 5 Junie die aandkoue met musiek uit die boonste rakke verjaag.

Die kerk het ‘n musiekaand aangebied waar die besoekers hulle kon verlustig in beide sang en instrumentale musiek. Daar is veskeie liedjies van Johann Sebastian Bach gespeel en verwerk vir die luistergenot van die gehoor.

Die slagorkes van Akademie Reformia het ook op die aand deel geneem en die gehoor vermaak met liedjies soos:

• Alle volke klap julle hande.

• Nader my God by U.

• Pizzicato polka.

• Budapest.

Marisa Linde het die gehoor vermaak met haar klavierspel, waartydens Renchia Venter die gehoor bekoor het met haar Vioolspel en Danie Grobelaar se stem die gehoor weggevoer het só dat hulle heeltemal van die snerpende koue vergeet.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button