Osies gee aan Ngwana Babahuis
Alle kinders, oud en jonk, hou van speelgoed. Poppe, teddiebere, karretjies, noem dit en 'n kind se ogies blink as hulle dit sien.
POLOKWANE – Alle kinders, oud en jonk, hou van speelgoed. Poppe, teddiebere, karretjies, noem dit en ‘n kind se ogies blink as hulle dit sien. Twee van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Mnr. en Mej. Oosskool finaliste, Wian Haasbroek en Mishka Prinsloo, het speelgoed bymekaar gemaak om aan die babas by Ngwana Babahuis te gee.
“Die gr. 6-groep het ons gehelp om speelgoed, klere, komberse, kos en selfs ‘n boek bymekaar te maak om vir die babas te bring,” vertel Mishka.
“Progress Milling het ook meel geskenk en daar is ‘n boks tee spesiaal vir die babas.”
Wian en Mishka het ook tyd gemaak om met die babas te speel en tyd saam met hulle deur te bring.
“Ons is vreeslik dankbaar vir die skenking. Dit beteken vir ons geweldig baie,” vertel Santie Oberholzer, maatskaplike werker by Ngwana Babahuis.




