Bosveld NewsNews

Om lewens te red is nie net sy werk nie, ook sy passie

Willem Lamprecht, van Risk-Med Ambulansdienste, gesels oor sy beroep as paramedikus.

MOKOPANE – OM die regte beroep te kies is nie maklik nie omdat daar soveel rigtings is wat interessant is. Bosveld berig die afgelope tyd oor verskeie beroepsgeleenthede wat wag vir diegene wat belangrike loopbaankeuses moet doen soos die matrikulante.

Willem Lamprecht, van Risk-Med Ambulansdienste, gesels oor sy beroep as paramedikus.

Ons sien hul dag en nag langs ongelukstonele en hul motors en ambulanse se sirenes kan tot in die vroeë oggendure gehoor word, waar hulle ‘n onselfsugtige, maar uiters noodsaaklike taak verrig en talle lewens probeer red.

“‘n Beroep in die nooddienste is nie maklik nie, maar beslis die moeitewerd,” sê Willem Lamprecht.

Lamprecht is al vir agt jaar in die nooddienste en sê dit is sy verantwoordelikheid om ‘n pasiënt te stabiliseer en so spoedig moontlik by ‘n hospitaal te kry vir verdere behandeling. Of dit nou ‘n hartaanval of op ‘n ongelukstoneel is, hy moet als in sy vermoë doen om te help.

“Om in hierdie beroep te oorleef moet jy ‘n passie daarvoor hê! Jy moet onder druk en in uiters moeilike omstandighede kan werk, want die pasiënt se lewe is in jou hande,” vertel hy.

Hy meen jy moet ‘n sterk persoonlikheid hê en nie te sensitief wees nie. Jy moet leer om jouself van die situasie te skei sodat jy objektief die beste moontlike diens vir die pasiënt kan lewer. Jy moet ook leer om nie die spoke van jou werk, byvoorbeeld ongelukstonele, saam met jou te dra nie.

Hy sê dat dit vir hom uitstekende werkstevredenheid bied wanneer hy ‘n verbetering in ‘n pasiënt gewaar en wanneer hy lid is van ‘n span wat iemand se lewe gered het.

Om ‘n beroep as paramedikus te beoefen moet jy ‘n noodhulpkursus met sukses voltooi. Daarna is daar drie vlakke wat jy moet bemeester by ‘n nooddiensskool. Jy kan ook ‘n sewe-jaar kursus aan ‘n universiteit voltooi om jou diploma as paramedikus te ontvang.

In die beroep werk jy lang ure, “want ongelukke slaap nie.” Hier by Risk-Med werk ons 12 tot 18 ure skofte vir twee agtereenvolgende dae en dan rus jy vir twee dae. Daar is beslis ‘n groot aanvraag vir personeel in nooddieste, veral oorsee. In ons land is dit ‘n wyse besluit om vir die staat te werk.

“My werk bied baie voordele, behalwe vir die toestemming om oor die spoedgrens te jaag met ligte wat flikker,” sê hy tergend. Jy red daagliks mense se lewens en maak ‘n positiewe verskil in die samelewing, vertel hy trots.

“Soos in enige beroep is daar ook nadele. ‘n Mens werk lang ure, soms met moeilike mense en in gevaarlike situasies. Jy word uitgeroep op tonele van misdaad en moet soms jou eie lewe in gevaarstel om ‘n ander lewe te red, maar dit is sonder twyfel die moeite werd.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button