Local NewsNews

Lyk van hawelose langs Suidskool gevind

Die polisie is Dinsdagmiddag na ‘n oop stuk grond langs Pietersburg Laerskool (Suidskool) op die hoek van Grobler- en Voortrekkerstraat ontbied waar ‘n hawelose man dood aangetref is. Volgens beamptes op die toneel is die man vermoedelik reeds die vorige aand oorlede. Sy liggaam is teen Suidskool se muur, waar hy vermoedelik snags geslaap het, …

Die polisie is Dinsdagmiddag na ‘n oop stuk grond langs Pietersburg Laerskool (Suidskool) op die hoek van Grobler- en Voortrekkerstraat ontbied waar ‘n hawelose man dood aangetref is.
Volgens beamptes op die toneel is die man vermoedelik reeds die vorige aand oorlede. Sy liggaam is teen Suidskool se muur, waar hy vermoedelik snags geslaap het, deur ‘n verbyganger gevind.
“Hy het geen identiteitsdokument by hom gehad nie en is tot dusver ongeïdentifiseerd. Moord word vir eers uitgesluit omdat hy geen duidelike tekens of wonde aan sy liggaam het nie. Ons sal wel ‘n geregtelike doodsondersoekdossier open,” het ‘n polisiebeampte op die toneel gesê.
Volgens hom sal ‘n nadoodse ondersoek gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.
Die eienaar van ‘n nabygeleë oornagfasiliteit sê sy het gereeld probleme met haweloses wat op die oop erf slaap.
“Ek skakel gereeld die polisie om hulle te verwyder want dit skep ‘n slegte indruk van my besigheid. Ons het reeds met toestemming van die groot bome op die erf afgekap in ‘n poging om haweloses weg te hou,” sê sy.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button