Hans en Bets Oosthuizen het serpe, juwele en plekmatjies te koop aangebied.
POLOKWANE – Die Kooperasie is sowat 6 km buite Polokwane op die Louis Trichardt pad geleë.
Op Saterdag, 3 Oktober het hulle ‘n Musiekfees Sonder Brieke gehou waar sangers soos Lianie May, Charlize Berg en Die Heuwels Fantasities opgetree het. Ander kunstenaars was Appel, Anton Botha Band, Hans Drommedaris en Maroelaboom. Daar was ook ander vermaak soos springkastele vir kinders en rugby is op grootskerm gewys.
Daar was ‘n vlooimark, hope kos-stalletjies en ‘n biertuin. Daar was ook ‘n potjiekos stalletjie waar mens heerlike potjiekos kon nuttig.
“Dit was ‘n baie lekker dag en ons sien baie uit na ons volgende geleentheid in Desember,” vertel Marily Smit, organiseerder van die fees.
Maroelaboom in aksie by Die Kooperasie.
Shuan Greeff dans saam met Maroelaboom by Die Kooperasie.
Martie du Preez maak keramiek beeltjies wat dan geverf kan word.
Christoph Kotze se verhoog naam is Appel. Hier sit hy en wag vir sy optrede by Die Kooperasie.
Jane Jooste, Ockert Wheeler en Chris Loots sit en gesels by Die Kooperasie.
Vir ‘n warm dag soek volwassenes ook ysies. Hier is Riaan Enslin en Francois Pretorius met alkoholiese ysies.
Maroelaboom en Anne Smith deel ‘n grappie.
Die Anton Botha Band vermaak die skare by Die Kooperasie op Saterdag, kort voor die rugby begin.
Koerie Müller en Lee-Anne Vonderstein by die juwele en seep wat hulle aan feesgangers verkoop