Local NewsLocal sportNewsSport

Sunflower 4×4-pretnaweek vir kanker

Die onlangse BB Suzuki Polokwane en Sunflower 4x4 Organiseerders se 4x4-pretnaweek het groot aftrek gekry by inwoners en besighede in die stad en was 'n groot sukses.

POLOKWANE – Die onlangse BB Suzuki Polokwane en Sunflower 4×4 Organiseerders se 4×4-pretnaweek het groot aftrek gekry by inwoners en besighede in die stad en was ‘n groot sukses.

BB Suzuki Polokwane was ook betrokke by die  jaarlikse naweek en was as die hoofborg van die dag aangewys.

“Die naweek was heerlik en ons het almal saam gekuier terwyl ons op ‘n prettige manier geld vir ‘n goeie doel ingesamel het,” vertel Carina Froehlich oor die suksesvolle 4×4-pretnaweek.

Sunflower Fund

Die Sunflower Fund is ‘n liefdadigheidsorganisasie wat landswyd bekend is vir sy bydrae tot die Beenmurg- instituut van Suid-Afrika (SABMR).

Die fonds is gestig om bewusmaking in die gemeenskap aan te help oor beenmurgkanker en ander bloedverwante siektes.

Hulle doel is om meer kandidate op die beenmurgskenkerlys te voeg en om finansieel by te dra tot die ontleding van beenmurgtapering, wat ongeveer R2 000 per skenker kos.

Pasiënte gediagnoseer met bloedkankers soos leukemie en ander gevreesde bloedsiektes soos Aplastiese Anemia benodig beenmurgoorplantings vir ‘n kans op oorlewing.

Sowat 75% van die pasiënte met bloedverwante siektes is kinders of jong volwassenes. Die kans om ‘n geskikte beenmurgskenker in Suid-Afrika te kry is 1:1 000 000.

Tans is daar slegs 64 000 kandidate op die skenkerlys geregistreer in Suid-Afrika.

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button