Bosveld NewsNewsSchools

Skaakspeler maak naam in die verte

'N OUD-LEERDER van Laerskool Krugerpark is besig om oorsee vir haarself naam te maak met slim skaakskuiwe

‘N OUD-LEERDER van Laerskool Krugerpark is besig om oorsee vir haarself naam te maak met slim skaakskuiwe.

Marelieke Ferreira (9) wat onlangs na Namibië verhuis het, verteenwoordig Namibië in Griekeland waar sy haar skaakvernuf teen die wêreld se beste spelers in die World Youth Chess Championships nou wys.

“Die dertien-dag kampioenskap sorg vir tawwe kompetisie, maar Marelieke spog al met ‘n wen teen Griekeland en sy het gelykop gespeel teen ‘n meisie van Ierland. Sy speel elke dag ‘n pot wat soms tot drie ure lank duur vir die volgende 11 dae, maar die ondervinding spreek boekdele,” vertel haar ma Heila Ferreira, ‘n oud-onderwyseres van Laerskool Krugerpark, trots.

Vir ‘n fondsinsameling om hierdie geleentheid moontlik te maak het Marelieke die gemeenskap in verskeie winkelsentrums uitgedaag vir ‘n potjie skaak, wat ‘n wen-wen situasie was, want binne ‘n japtrap het sy oor genoeg fondse beskik en was sy behoorlik voorberei vir die tawwe toernooi.

Martiens en Alta Elmes, en Koos en Zabie Ferreira, Marelieke se oupas en oumas en jarelange inwoners van Mokopane, sê hulle is baie trots op haar.

 

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button