NewsSchools

Noot vir Noot-aand laat geldnote inrol

Deelnemers aan Pietersburg Laerskool (PLS) se Noot vir Noot-aand het Vrydag speel-speel ‘n bydrae tot die lewens van minderbevoorregte kinders gemaak. Die funksie is deur die skool se Ondersteu-ningsgroep gereël om geld vir leerders uit minder gegoede huise in te samel. Dertien spanne het aan die kompetisie deelgeneem waar spanlede se musiekkennis op die proef …

Deelnemers aan Pietersburg Laerskool (PLS) se Noot vir Noot-aand het Vrydag speel-speel ‘n bydrae tot die lewens van minderbevoorregte kinders gemaak.
Die funksie is deur die skool se Ondersteu-ningsgroep gereël om geld vir leerders uit minder gegoede huise in te samel.
Dertien spanne het aan die kompetisie deelgeneem waar spanlede se musiekkennis op die proef gestel is. Elke span het ‘n tema gehad om die aand skop te gee.
Die beurtsangitem, waar die mikrofoon van span tot span aangegee is en elke deelnemer ‘n inset moes lewer, het vir groot vermaak gesorg.
Die span van Tafel 10, wie se tema ‘Vakansie by die see’ was, het as wenners uit die stryd getree.
Dave Retief, voorsitter van die Ondersteuningsgroep, sê geld word deur die jaar vir hulpbehoewende leerders ingesamel om hulle met uitgawes wat tydens skooltoere en sportaktiwiteite aangegaan word te help.
“Daar is so ‘n groot behoefte in ons gemeenskap en ons wil graag aan alle kinders ‘n gelyke geleentheid gee om hul talente te ontwikkel en aan aktiwiteite deel te neem.”

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

DSC_0033_650x433

Uitbundige wenners van een van die items.
Uitbundige wenners van een van die items.
Tafel 13 se deelnemers het die regte antwoord.
Tafel 13 se deelnemers het die regte antwoord.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button