Hou ‘n piekniek onder Kersliggies die Desember
Die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging nooi inwoners om elke aand gedurende Desember tussen 19:00 en 21:00 hulle te besoek en 'n piekniek in hul magiese tuin te kom geniet.
POLOKWANE – Met vrolike Kersmusiek wat in die tuin van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging speel, kry inwoners weer hierdie Desember die geleentheid om ‘n piekniek onder Kersliggies te geniet.
Die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging nooi inwoners om elke aand gedurende Desember tussen 19:00 en 21:00 hulle te besoek en ‘n piekniek in hul magiese tuin te kom geniet.
Die plante en bome in die tuin is versier met Kersliggies en hier en daar loer ‘n Kersvader uit.
Die kinders kan heerlik speel terwyl ouers en familie gesels en nuwe vriende maak.
Daar is ook verskillende rekwisiete wat mense kan gebruik om oulike Kersfoto’s te neem.
Toegang is gratis, maar ‘n vrywillige donasie word gevra.
Vir meer inligting skakel Lorette Bosch by 075 297 3326.










