Editor's noteNewsSchools

PHS matrieks lewer 100% slaagsyfer

Daar was nie 'n tekort aan spogmateriaal toe dit Woensdag by die uitslae van Hoërskool Pietersburg (PHS) se 2015 matriekgroep gekom het nie.

POLOKWANE – Daar was nie ‘n tekort aan spogmateriaal toe dit Woensdag by die uitslae van Hoërskool Pietersburg (PHS) se 2015 matriekgroep gekom het nie.

Een van die prestasies waarmee die skool spog is die feit dat daar ‘n 100% slaagsyfer is.

Die groep van 223 matrieks het ‘n totaal van 261 A-simbole opgelewer, met ‘n indrukwekkende gemiddeld van 63,9%. Die groep het vir 357 B’s en 422 C’s gesorg. ‘n Gemiddeld van 71,3% van die matrieks het vrystelling vir ‘n graadkursus verwerf, en 28,7% vir ‘n diplomakursus en dit beteken dat elke leerder kan gaan studeer as hulle wil.

Toppresteerders

Chané Prinsloo is PHS se toppresteerder met agt A’s en ‘n gemiddeld van 91,67%.

Monique Wreyford is in die tweede plek en spog met sewe A’s en ‘n gemiddeld van 91%.

Chané Burger spog in die derde plek met sewe A’s en ‘n gemiddeld van 89%.

Nog ses leerders het elk sewe A’s verwerf.

Buiten lewensoriëntering (LO) waarin 81 A’s behaal is, het Afrikaans die beste gevaar met 31 A’s, gevolg deur Engels met 20 A’s.

Lees meer:

PHS matrieks gesels oor hul gr. 12 uitslae, verwagtinge en drome

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button