Editor's noteNewsSchools

Kruinie gr. 12’s lewer top prestasies

n Trotse Eben Lingenfelder, uitvoerende hoof van Curro Heuwelkruin, vertel dat die skool vir die sesde agtereenvolgende jaar ‘n 100% slaagsyfer behaal het.

POLOWANE – ‘n Trotse Eben Lingenfelder, uitvoerende hoof van Curro Heuwelkruin, vertel dat die skool vir die sesde agtereenvolgende jaar ‘n 100% slaagsyfer behaal het.

“20 van die 22 leerders het toelating tot graadstudies verwerf.

“Die groep se gemiddeld was 67,03% en ons het ‘n totaal van 34 A’s, 37 B’s en 36 C’s behaal.”

Die top presteerder was Lara van Niekerk met ‘n gemiddeld van 81,29% en vyf onderskeidings. Sy is gevolg deur Linn-Marie de Beer met ‘n gemiddeld van 81,14% en vier onderskeidings.

Anke Jordaan het vier onderskeidings behaal, David van den Berg en Claudi van Niekerk drie elk, terwyl Carmen Janse van Rensburg en Rumandi Potgieter elk twee onderskeidings behaal het.

“Baie geluk aan Nicole Senekal met haar dramaleerders. Al vier (Claudi, Linn-Marie, Anke en Carmen) het onderskeidings behaal en hul vakgemiddeld was 88,83% – ‘n volle 13% hoër as die landswye IEB-gemiddeld.

Mynie Nel se lewensoriënteringleerders het puik prestasies behaal.
Mynie Nel se lewensoriënteringleerders het puik prestasies behaal.

“Oudergewoonte het Mynie Nel se lewensoriënteringleerders weer ongelooflik presteer. 17 leerders verwerf A-simbole met Linn-Marie, Claudi en Lara onder die die top 1% leerders landswyd. Baie geluk ook aan Adrienne Maree wat met haar RTT 11% hoër as die IEB-gemiddeld behaal het. ‘n Totaal van agt vakke het gemiddeldes bo dié van die IEB behaal, ‘n puik prestasie.

“Die skool is geweldig trots op die leerders en wens hulle alles van die beste vorentoe toe,” sê Lingenfelder trots.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button