NewsSchools

Tommie wil graag lewens raak as hoërskoolonderwyser

Anja Strydom is 'n Tommie wat haar toekoms in die onderwys sien.

POLOKWANE – Anja Strydom is ‘n Tommie wat haar toekoms in die onderwys sien.

Anja het in 2015 by die Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé matirkuleer en gaan hierdie jaar by die Noordwes-Universiteit studeer om ‘n wiskunde en fisiese wetenskap onderwyser vir gr. 10 to gr. 12 te word.

“Ek wou lank terug ‘n dokter word, maar het daarteen besluit. Op skool het ek van al my vakke gehou, maar tale was vir my die lekkerste. Ek het deelgeneem aan die skool revue asook die ATKV debatkompetisie. Ek het aan elke moontlike kultuuraktiwiteit deelgeneem, en het ook netbal gespeel.”

Sy sê om haar dag te beplan en haarself geestelik voor te berei het dit makliker gemaak om al haar verpligtinge na te kom.

“Dit is baie belangrik om aan sport en buitemuurse aktiwiteite deel te neem want dit help jou om nuwe vriende te maak asook ‘n goed-gebalanseerde mens te word. Jy leer baie oor jouself en waar jou sterk- en swakhede lê.”

Sy het op skool aan verskeie welsynoptredes deelgeneem, en sy sê die een wat vir haar ‘n hoogtepunt was, was toe sy die Abraham Kriel Kinderhuis besoek het.

“Ons vriende en familie het klere aan elke kind uit gedeel en vir hulle gesing. Ek het besef daar is baie mense wat groter probleme in die lewe het as myne. Ek het besef ek is baie bevoorreg.”

Sy vind inspirasie by verskeie mense, maar haar toegewyde ouers is heel bo aan haar lys. Haar ouers is nog elke tree van haar lewenswandeling daar om haar volkome te ondersteun in als wat sy aanpak en sy het ook ‘n wonderlike groep vriende op wie sy kan vertrou.

“My droom is om oor vyf jaar by ‘n skool aan te sluit waar ek ‘n verskil in ander se lewens kan maak.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button