Editor's choiceLocal NewsNews

Jou verlore troeteldier is dalk by DBV-hokke

Alhoewel die Desembervakansie verby is en die meeste mense ook reeds terug by die werk is, sê die DBV daar is tans heelwat verlore honde en katte in hul sorg.

POLOKWANE – Alhoewel die Desembervakansie verby is en die meeste mense ook reeds terug by die werk is, sê die DBV daar is tans heelwat verlore honde en katte in hul sorg.

“Ons moet eers kans gee vir die eienaars om hulle diere te kom opeis alvorens ons hulle kan opgee vir aanneming,” vertel Tania le Roux, die DBV se mediaverteenwoordiger.

“Ons moedig lesers aan om die DBV te besoek en te kyk of hulle diere dalk hier is.”

‘n Persoon wat die dier vermis vul ‘n vorm in vir die verlore dier. ‘n Foto help ook baie. Die DBV moedig mense aan om deur die hokke te stap en te soek na hulle diere aangesien hulle soms verwaarloos inkom na hulle tyd op straat, wat hulle moeilik herkenbaar maak.

Die koste is R70 per dag vanaf die dag dat die dier by die DBV aankom. Daar is ‘n sewedag wagperiode wat die eienaar geleentheid bied om die dier op te eis. Daarna word die dier die DBV se eiendom en moet hy of sy aangeneem word.

Die aanneemkoste is R400 per kat en R600 per hond wat die gewone aanneemvoordele, soos sterilisasie, insluit.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button