Local NewsNews

Henda sien nou uit vir die toekoms

Henda Nel was in Februarie 2014 met kanker gediagnoseer. Nou spog sy nie net met nuwe hare nie, maar ook met 'n gr. 12 sertifikaat.

POLOKWANE – Elke gr.12-leerder het ‘n droom vir die toekoms, en in 2014 is Henda Nel, wat toe in gr.12 was, se drome byna verwoes toe sy in Februarie met kanker gediagnoseer is.

Na behandeling het Henda se dokters in Junie verlede jaar gesê die kanker is in remissie, maar in Oktober het sy ongewone knoppe op haar kop gevoel en weer die dokters gaan raadpleeg.

Sy is met leukemie gediagnoseer en later, in November, met breinkanker.

“Die dokters sê Henda het T-sel akute limfatiese leukemie, ook genoem T-cell ALL. Hierdie tipe kanker sluit die beenmurg, brein, senuweestelsel en limfstelsel in,” het Sandra Lubbe, Henda se ma, verduidelik.

Net ‘n week voor Henda se finale gr. 12-eksamen is sy weer in die hospitaal opgeneem. Die dokters het met ernstige behandeling begin en sy kon nie haar eindeksamen skryf nie.

Henda vertel opgewonde: “Nadat ek my stemseloorplanting gehad het einde Mei verlede jaar, is ek nou in remissie. Dit is uit en uit ‘n wonderwerk van God se hand.

“Ek het verlede jaar my eindeksamem afgelê by Hoërskool Hans Strijdom. Ek het nie klas bygewoon deur die jaar nie, maar wel die winterskool. Dit was leer, slaap, bid en eet. Weereens het die Here net so ingegryp dat ek niks anders as dankbaar kan wees nie.”

Henda het haar gr.12-eksamen geslaag en is vandag ‘n trotse eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit.

“My hare is iets tussen ‘n warboel van swart skaapwol en ‘n 70-hairstyle. Maar ek dra my dorpskoshuisklere met trots. Ek is aangesluit by Bellatrix, die beste koshuis op die Puk.

“Ek gaan maatskaplikewerk studeer en is nog onseker waarin presies ek wil spesialiseer.”

Henda se ma het trane van dankbaarheid in haar oë toe sy vertel hoe dankbaar hulle is.

“‘n Mens besef nie werklik waardeur jy gaan totdat jy kan terugkyk op ‘n suksesstorie nie. Al wat jy het is jou geloof en dit maak jou sterk. Henda het baie hard gewerk as jy kyk na die feit dat sy glad nie klas toe gegaan het nie en steeds haar eksamen deurgekom het. Ek is ‘n baie dankbare ma. ‘n Mens leer ook om meer begrip vir ander te hê.”

Laastens vertel Henda dat sy uitsien na die jaar wat voorlê “Ek verwag sweet en trane en soveel herinneringe.”

 

Lees meer:

Henda se gebede op meer as een manier verhoor

Onselfsugtig in die ergste pyn

Eet ‘n pizza of 5 vir Henda se fonds

Vang ‘n vis of 2 en dra by tot Henda se mediese koste

Rock Hard-sangers sing vir Henda Nel

Henda kry skenker

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button