Bruno by die Sirkus met Adriaan Venter
Bruno se avonture neem elke jong leser deur gebeurtenisse wat hulle hul lewe lank sal onthou. Laas week was Bruno by die See. Hier volg die volgende storie in die reeks.
Bruno se avonture neem elke jong leser deur gebeurtenisse wat hulle hul lewe lank sal onthou.
Laas week was Bruno by die See. Hier volg die volgende storie in die reeks.
Bruno by die Sirkus
Bruno jaag baie vinnig na skool huistoe op sy rooi fiets, dis Vrydag middag en Mamma het vanoggend gesê hy kan vanmiddag by Snippie gaan speel. Hy het met Snippie gerëel dat hy na skool huistoe gaan en eers sy takies by die huis klaar maak.
Bruno het klaar die los blare opgehark in die erf soos Pappa gevra het hy moet, hy drink gou vinnig koeldrank en dan klim hy op Rooies, sy rooi fiets, en jaag na Snippie se huis toe. By Snippie se huis gaan sit hulle in die Fort, hulle bende huis, en speel verskillende kaart en bord speletjies.
Hulle hoor die posman se fiets klokkie, Trieng-trieng, en hardloop om die pos by hom te gaan haal, tussen die klomp pos is ñ gekleurde blaadjie wat adverteer dat die Sirkus die volgende dag in die dorp is. Dis net een keer ‘n jaar wat die Sirkus hulle dorpie besoek.
Baie opgewonde oor die Sirkus sit hulle in die Fort en gesels, die kaart en bord-speletjies vergete, hulle wonder wat als diè jaar by die sirkus gesien kan word. Bruno se gunsteling is die akrobate wat Hoog in die lug draai en swaai, die toertjies wat hulle in die lug uitvoer betower hom vreeslik baie.
Snippie se gunsteling weer is die Narre Ooms met hulle Groot Voete, Rooi Neuse en Kleurvolle Gesigte, hulle is Baie Snaaks en Snippie krul soos hy lag vir die Narre Ooms se Kaskenades en sê goed. Snippie sê hy gaan daai aand sy Mamma en Pappa baie mooi vra of hulle kan Sirkus toe gaan.
Bruno, Mamma en Pappa en sussie sit en TV kyk in die TV-kamer, “Mamma en Pappa mag ek groot asseblief iets vra?” sê Bruno. ” Jy mag maar seun” antwoord hulle gelyk, “Die sirkus is more aand en dis net vir een aand, as ek Mamma hulle mooi help in die huis en die gras sny mag ons asseblief Sirkus toe gaan?” vra hy met ‘n sagte stemmetjie. Pappa loer vir Mamma en hulle begin lag, “Natuurlik gaan ons soos elke jaar Sirkus toe seun, Pappa het vanmiddag na werk klaar vir ons kaartjies gaan koop!” sê Mamma.
“Awesome!! Ons gaan Sirkus toe, ons gaan Sirkus toe!” sing Bruno, hy spring op en gee Mamma en Pappa elkeen ‘n stywe drukkie.
Bruno en sy sussie sit tussen Mamma en Pappa in die voorste ry in die Groot Sirkustent, Pappa was gelukkig om plekke in die voorste ry te kry. Bruno hoop Snippie hulle kom en miskien kon Snippie se Pappa ook plekke kry in die voorste ry, dit sal lekker wees as sy beste maatjie en hy langs mekaar kan sit.
Bruno en Snippie skaterlag dat die trane loop, die Narre Ooms is besig om te boks, maar hulle het teveel Wyn gedrink en slaan skoon mis soms val hulle oor hulle eie voete en sukkel om op te staan. Toe die Narre se vertoning klaar is word pouse gehou en in pouse word ‘n Groot Staalhok opgeslaan in die middel van die Tent, dis die Leeus se vertoning volgende.
Pouse is verby en Bruno knyp sy ogies styf toe as die Leeu-temmer sy kop in Koning Leeu se mond indruk! Sê nou die Leeu byt sy kop af? Die Leeu-temmer haal sy kop uit die leeu se mond en Bruno sug, sjoe darm het die Leeu nie sy kop afgebyt nie.
Die akrobate is volgende en Bruno sit oopmond en hulle aangaap, hy weet nie hoe kry hulle dit reg om bo in die lug aan din toue sulke wonderlike toertjies uit te voer nie. Hulle val nie een keer nie en hulle swaai darm Baie Vinnig, sjoe hulle is goed dink hy vir homself.
Die Narre is terug en die keer het hulle ‘n stoei geveg aan die gang, sommer in ‘n modder poel!! Hulle stoei so rof dat die modder orals spat, selfs van die toeskouers kry modder op hulle. Die toeskouers kla nie oor die modder nie want almal lag te lekker vir die Narre.
Na die Sirkus-vertoning klaar is klim hulle in Pappa se motor en ry terug huistoe, Pappa stop die motor in die motorhuis en hulle gaan in die huis in. “Wie is lus vir koekies en melk?” vra Mamma, Bruno en Sussie sê gelyk, “Sal lekker wees asseblief Mamma?”
“Kom help my gou Sussie dan kry jy die koekie-blik uit die kas en ek skink melk in” sê Mamma.
Na hulle klaar melk gedrink het en koekies ge-eet het is hulle bed toe, Bruno lê in sy bed, “Ek wil ook ñ akrobaat word eendag” sê hy vir homself net voor hy aan die slaap raak.
Hou dop volgende week: Bruno die Held




