Editor's choiceLocal NewsNewsUpdate

Terugslag vir André

André is in 2015 met aggressiewe pankreaskanker gediagnoseer. Review het hom verlede Wonesdag in die hospitaal gaan besoek.

POLOKWANE – Al is hy bleek en ongemaklik van die pyn, kry André Horn dit steeds reg om vriendelik te glimlag toe Review hom verlede Woensdag in die Netcare Pholoso Hospitaal besoek.

André is in 2015 met aggressiewe pankreaskanker gediagnoseer.

André vertel dat hy verlede Vrydag, op 5 Februarie, ‘n operasie ondergaan het waar hy ‘n inplanting (port) gekry het om die chemoterapiebehandeling makliker te maak. Hy het ook ‘n gastroskopie ondergaan aangesien hy baie pyn in sy buik ervaar.

“Die dokter het tydens die gastroskopie ontdek dat hy gastrofie (‘n tipe derminfeksie) het. Die chemoterapie maak die are bros en die inplanting sal help daarvoor,” vertel Sue-Mari waar sy langs sy bed sit.

“Toe ons vanoggend by ongevalle kom, het die dokter gesê hy voel swelling in André se buik en dit kan wees dat van sy organe teen mekaar druk. Omdat André erge abdominale pyn ervaar jaag dit sy bloeddruk op.”

André sou Dinsdag met ‘n nuwe soort chemoterapie vanaf Amerika begin, maar aangesien hul mediese fonds nie daarvoor betaal nie moet hulle self dié koste dra.

“Toe die dokter gister by ons was is daar besluit om eers aan te gaan met die chemoterapie waarmee André besig was. Sodra ons geld ingesamel het sal ons met die Amerikaanse chemoterapie begin. André het reeds 51kg verloor en kan glad nie vaste kos eet nie, slegs skommeldrankies (smoothies) en jogurt. Die dokter het nou iets vir hom gegee om sy eetlus te verhoog,” vertel Sue-Mari.

 

As jy kan help:

Die besonderhede vir inbetalings is as volg:

Rekening: FNB

Rekeningnaam: #65 Andre Horn Fondsinsameling

Rekeningnommer: 62558729863

Takkode: 260226.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button