Local NewsNews

Bekendes verlaat Polokwane

Sinoniem met die drukkersbedryf in Polokwane sedert 1982 as eienaar van Review Drukkers, Ben de Jager, en sy vrou, Koba, het Polokwane offisieël gister na 36 jaar verlaat.

Hannes Cilliers

POLOKWANE – Ben het in 1980 in Pietersburg gearriveer, aan die drukkant by die Review koerant betrokke geraak en vir baie jare nadat hy Review Drukkers gekoop het nog steeds ons koerant gedruk.

Ben en Koba, sy was oorspronklik uit die Musina-omgewing, is in 1997 getroud.

Ben het op vele terreine diep spore in Polokwane se sakewêreld getrap saam met legendes soos Jack Botes en Attie Vermaak, en was ook vir drie termyne as Voorsitter aan die stuur van die Pietersburg Sakekamer. Hy praat graag oor hoe goed die verhoudinge en samewerking met die Stadsraad was, veral gedurende die tydperk wat die legendariese Attie Vermaak Stadsklerk was. Hy was deel van vele suksesvolle projekte wat tot ‘n groot mate daartoe bygedra het dat die destydse Pietersburg as een van die vinnigste groeipunte in die land bekendgestaan het.

Review Drukkers is redelik onlangs verkoop wat die uitvoer van hulle drome moontlik gemaak het.

Hy en Koba het baie- en goeie vriende gemaak. Hulle sou ook altyd uit hulle pad gaan om agter die skerms iets goeds vir hulle medemens te probeer doen, veral waar die geluk van kinders, vir wie hulle baie lief is, betrokke was.

Tydens ‘n afskeidsgeselligheid by Pietersburg Klub Vrydagaand, en sommer op sy verjaarsdag ook, het Ben en Koba totsiens gesê aan van hulle beste- en naaste vriende.

Hulle gaan hulle vestig in Kleinbaai wat wêreldbekend is as die hoofkantoor van avontuurlustiges wat graag uit duikhokke van naby na groot haaie wil kyk by die nabygeleë Deyer Eiland.

Ben en Koba sien baie uit daarna om nader aan hulle kleinseuns wat in die Kaap is te wees, en Ben gaan uiteindelik genoeg tyd hê vir een van sy groot passies, visvang met sy diepseeboot.

Polokwane en al hulle vriende en sakegenote wens hulle met ‘n tikkie weemoed en ‘n bietjie meer jaloesie, net rustigheid en geluk toe in hulle nuwe omgewing.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button