Bruno gaan plaas toe met Adriaan Venter
Bruno se avonture neem elke jong leser deur gebeurtenisse wat hulle hul lewe lank sal onthou. Laas week was Bruno en Snippie se fort. Hier volg die volgende storie in die reeks.
Bruno se avonture neem elke jong leser deur gebeurtenisse wat hulle hul lewe lank sal onthou.
Laas week was Bruno en Snippie se fort. Hier volg die volgende storie in die reeks.
Bruno gaan plaas toe
Vroeg, voor die sonnetjie sy kop kan uitsteek is Bruno al wakker, hy is baie opgewonde.
Vandag is ‘n Baie Spesiale dag, hy gaan saam sy klasmaatjies Plaas toe! Hy spring met ñ reuse sprong uit sy bedjie en hardloop vinnig badkamer toe. Voor Mamma, Pappa en Sussie wakker word wil hy gou sy tandjies borsel en sy hare kam. Sussie vat altyd lank as sy eerste in die badkamer is.
Hy staan en trippel rond, Mamma kyk vir hom en sê: ” Bruno, hoekom trippel jy so my seun?”. “Mamma wanneer kom die bus my oplaai? Ek hoop nie hy het gebreek nie” antwoord Bruno
Mamma en Pappa lag kliphard, “Ontspan my seuntjie, oor 5 minute sal die bus hier stop” sê Pappa vir hom. Pappa was reg en 5 minute later toe die bus stop groet Bruno vinnig vir Mamma, Pappa en Sussie en voor Mamma kan vra of hy tandjies geborsel het is Bruno in die bus en groet sy klas maatjies.
Dis nie ver plaas toe nie en terwyl die bus ry sit Bruno en uitkyk by die Bus se venster, hy kan nie wag om op die plaas te kom nie want dis die Heel Eerste keer wat hy plaas toe gaan. Die son sit net mooi op die horison as die bus op die plaas stop, Juffrou Annie -Bruno se Juffrou- staan by die bus se deur, ” Maatjies ek weet julle is opgewonde maar julle moet in 2 mooi rye gaan staan buite die bus, een ry seuntjies en een ry dogtertjies.” Sê Juffrou Annie.
Bruno en sy maatjies klim uit die bus en gaan staan in twee netjiese rye soos Juffrou Annie gese het hulle moet. Juffrou vat hulle eers na die groot plaashuis se stoep waar Oom en Tannie Boer hulle inwag, hulle groet Oom en Tannie Boer en eet ‘n lekker egte plaas ontbyt met eiers, spek en brood met plaas botter op. Na Bruno en sy maatjies klaar ge-eet het klim hulle op die groot sleepwa wat deur ‘n groen trekker getrek word, elkeen kry ‘n sitplek op ‘n sagte hooi baal en Oom Jan -wat die trekker bestuur- ry stadig sodat hulle mooi als kan sien.
Eerste stop die trekker by die melkery waar die plaas-werkers net begin het om die koeie te melk, Oom Jan wys hulle hoe word die koeie gemelk en dan vat hy hulle na die skuur waar die klein kalfies geleer word om self te drink. Elke maatjie kry ‘n kans om ‘n kalfie te help drink en daarna kry hulle elkeen ‘n glas vars koeimelk om te drink. Bruno lek sy lippe af as hy sy melk klaar gedrink het: ” Sjoe die koeimelk is lekkerder as die winkels se melk” sê hy vir Juffrou Annie en sy en Oom Jan lag vir hom.
Na die melkery se besoek gaan wys Oom Jan hulle die landerye waar ander plaas werkers besig is om mielies te plant, hulle leer van die verskillende implemente wat gebruik word.
Dis so net na een uur die middag as hulle weer voor die groot plaashuis stop en Tannie Boer wag hulle in met melk en koekies, na hulle lekker gesmul het aan Tannie Boer se koekies leer Oom en Tannie Boer hulle speletjies wat die plaas kinders speel. As hulle klaar gespeel het vat Juffrou Annie hulle na die plaasdam agter die plaashuis waar Bruno en sy maatjies in die water swem en baljaar.
Dis heelwat later as Juffrou Annie hulle bymekaar roep en sê dis tyd om te groet hulle moet nou terug ry, Bruno en sy maatjies is nou hartseer want hulle kuier te lekker op die plaas. Oom Boer kom aangestap, “Maatjies dankie vir julle kuiertjie by ons ek en Tannie Boer gaan julle mis, sodra die mielies reg is om te oes sal ek Juffrou Annie bel dan kom kuier julle weer en ek wys julle hoe oes ons en daarna braai ons mielies.” Sê Oom Boer vir hulle.
Bruno en sy maatjies glimlag nou weer breed na Oom Boer gesê het hulle kan weer kom kuier, hulle groet Oom en Tannie Boer en Oom Jan. Hulle klim soet in die bus en as die bus begin ry sing hulle liedjies oor plaasdiere tot hulle in die dorp kom, elke maatjie word by sy huis afgelaai en Juffrou Annie herinner hulle oulaas aan Maandag se huiswerk
Bruno het Mamma en Pappa gegroet toe hy by sy huis kom en later daai aand het sy koppie skaars die kussing geraak of hy is in droomland, hy droom die mooiste droom oor die plaas en die diere.
Hou dop volgende week: Bruno se groot Kers geskenk




