Local NewsNews

Tenders vir landdroshof in Junie oopgestel

Die herbou van die Polokwane Landdroshof wat in Oktober 2012 afgebrand het is uiteindelik op dreef met kontrakteurs wat volgens inligting in Junie die geleentheid sal kry om tenderaansoeke in te dien. ‘n Bron in justisie het gisteroggend (Woensdag) die inligting aan Polokwane Observer bekendgemaak. Die publikasie het in Junie verlede jaar berig dat die …

Die herbou van die Polokwane Landdroshof wat in Oktober 2012 afgebrand het is uiteindelik op dreef met kontrakteurs wat volgens inligting in Junie die geleentheid sal kry om tenderaansoeke in te dien.
‘n Bron in justisie het gisteroggend (Woensdag) die inligting aan Polokwane Observer bekendgemaak.
Die publikasie het in Junie verlede jaar berig dat die voormalige Limpopo-regterpresident, Ephraim Makgoba in ‘n
onderhoud bevestig het dat die herbou van die Polokwane Landdroshof tydens ‘n vergadering van die provinsiale infrastruktuur-groe-pering goedgekeur is.
Hy kon egter nie sê wanneer die beplande restourasie sou begin nie.
Die departement van justisie se nasionale woordvoerder, Mthunzi Mhanga het Dinsdag nie op oproepe of boodskappe gerea-geer nie. Hy het in die verlede ook nie beloftes om meer inligting oor die herbouing te verskaf, nagekom nie. Selfs oproepe na die departement se streekskantore is vrugteloos van een persoon na ‘n ander deurgeskakel.
Op 19 Oktober 2012 het die landdroshof in vlamme uitgebars. Die perseel is vinnig ontruim en motors in die parkeerarea is verwyder. Nabygeleë geboue is ook ontruim en ten spyte van die brandweerdiens se vinnige optrede is die hele gebou in die brand vernietig.
Dae lank se swaar reën daarna het die polisie se forensiese ondersoek na die oorsaak van die brand belemmer.
In Junie 2013 het provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto bevestig dat die finale forensiese verslag ontvang is waarna die nasionale vervolgingsgesag besluit het dat niemand in die voorval vervolg sal word nie.

story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button