Local NewsNews

Ontdek die gesondheidsgeheime van dié wondertee saam Birgit

Die tee word tradisioneel gebruik as 'n natuurlike hulpmiddel vir verskeie kwale.

POLOKWANE – Polokwane inwoner, Birgit Fenner, verkoop kankerbostee (Sutherlandia). “Die tee word vir al  jare gebruik… selfs Zoeloe-krygers het die tee gedrink om die ‘oorlog’ uit hulle te haal. Die koloniste het dit vir onder andere waterpokkies en maagkwale gebruik,” vertel Fenner.

Sy vertel dat die tee vir ‘n verskeidenheid kwale gebruik kan word:

• Dit verminder haarverlies vir mense wat aan kanker ly en chemoterapie ontvang en dit help glo dat hulle nie so erg siek word nie.

• Dit help met die herstel van maagsere, artritis en val kankerselle.

• Dit help met gewisgsverlies en mense met diabetes tipe twee se suikervlakke neem af met gereelde gebruik.

• Volgens Birgit kan dit op die vel gebruik word en dit laat mense beter slaap en help vir depressiesimptome.

“Ek weet van ‘n vrou wat HIV positief is wat bedlêend was. Na sy vir ses maande gereeld die tee gedrink het, was sy gesond genoeg om terug te gaan werk toe. My een kat het kat-vigs gekry en sy is nou gesond nadat ek gereeld vir haar van die tee gegee het.”

Sy vertel dat die plant meer in die droë dele van Suid-Afrika voorkom, soos in die Karoo.

Die plant is baie sensitief en vind dit moeilik om te oorleef in alle klimate. “Ek kom uit die apteekwese en het besef dat mens se gesondheid agteruit gaan as gevolg van die newe-efekte wat sekere medikasie veroorsaak. Kankerbostee is ‘n immuunondersteuner wat help om die lyf te laat aanpas by sy eksterne omgewing en interne spanning.”

Sy sê aanvanklik is die tee glad nie lekker nie, maar dat ‘n mens wel gewoond raak aan die smaak. Dit is ryk aan vitamiene B en aminosure.

Dit moet net nie met iets soet gemeng word nie. Dit moet benadruk word dat dit slegs ‘n hulpmiddel is en nie ‘n geneesmiddel is nie.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button