Local NewsNews

Pragkind sterf na fratskoeël

Wat veronderstel was om ‘n sorgelose Saterdagmiddag vir die Scheepers-gesin en hul familie te wees, het ineens in ‘n tragedie verander wat hul lewens onherroeplik omgekeer het. Zonika (13), haar ouer broer, Petrus Scheepers (16) en hul neef, Connor Mclean (23) het die middag met ‘n windbuks op die plaas, sowat 15 km buite die …

Wat veronderstel was om ‘n sorgelose Saterdagmiddag vir die Scheepers-gesin en hul familie te wees, het ineens in ‘n tragedie verander wat hul lewens onherroeplik omgekeer het.
Zonika (13), haar ouer broer, Petrus Scheepers (16) en hul neef, Connor Mclean (23) het die middag met ‘n windbuks op die plaas, sowat 15 km buite die stad gaan stap toe ‘n fratsongeluk gebeur het en Zonika in die gesig geskiet is.
‘n Skoot het vermoedelik afgegaan terwyl hul gestap het en die koeël het haar op ‘n kort afstand getref. Sy het onmiddellik haar bewussyn verloor en is inderhaas na Mediclinic Limpopo vervoer waar ‘n breinskandering gedoen is. “Die dokter het vir ons gesê dat daar massiewe bloeding op haar brein is en dat sy onverwyld na Netcare Unitas Hospitaal in Pretoria oorgeplaas moet word,” se Bert en Cindy, Zonika se ouers.
Na verdere toetse het dokters Zonika Sondagoggend breindood verklaar waarna haar ouers die masjiene laat afskakel het en sy later oorlede is.
“Ons is stukkend en het nie antwoorde nie, maar het besluit om as mate van troos haar organe te skenk om vir ander hoop en lewe te gee. Só sal sy in ander kan voortleef,” sê haar ouers.
“Sy was ‘n geliefde sonskynkind wat altyd gelag het en baie lief vir die natuur was,” sê Andre du Plessis, ‘n familievriend.
Paul van Zyl, ‘n leerkrag van Die Plaasskool in die stad waar sy ‘n graad 7-leerder was, sê Zonika was’ n borrelende, spontane kind wat altyd vreugde uitgestraal het en goed oor die weg gekom het met almal.
Sy word Maandag 11:00 vanuit die Lof­dal Volle Evangelie Kerk, Pretoria-Noord begrawe. Die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Hooffoto: Die 13-jarige Zonika Scheepers is in ‘n skiet­ongeluk oorlede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button