DA besoek ouetehuise
Demokratiese Alliansie (DA) wykraadslede van Polokwane Munisipaliteit. vergesel van Jaques Smalle, provinsiale leier van die DA, het Dinsdag Ons Tuiste, Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes en Die Koraal besoek. Tydens die besoek aan Martha Hofmeyr het Smalle verduidelik dat elke stem baie belangrik is aangesien daar ‘n sterk moontlikheid bestaan dat daar ná die verkiesing …

Demokratiese Alliansie (DA) wykraadslede van Polokwane Munisipaliteit. vergesel van Jaques Smalle, provinsiale leier van die DA, het Dinsdag Ons Tuiste, Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes en Die Koraal besoek.
Tydens die besoek aan Martha Hofmeyr het Smalle verduidelik dat elke stem baie belangrik is aangesien daar ‘n sterk moontlikheid bestaan dat daar ná die verkiesing koalisies in Polokwane gevorm sal moet word omdat politieke partye moontlik nie volstrekte meerderhede gaan behaal nie.
Hy het gesê die DA het ‘n geïntegreerde en gebalanseerde span want hulle kandidate bestaan uit rekenmeesters, prokureurs en persone bevoeg om ‘n bydrae in die bestuur van die munisipaliteit te lewer.
“‘n Wyksraadslid moet die behoeftes van sy wyk ken en verstaan. Van die partye is die ANC en die DA tans die enigste partye wat op alle vlakke van regering verteenwoordig is en dus sake tot in die parlement kan opneem,” het hy verduidelik.
Hy het ook gesê dat die DA nie ‘n party is wat net een etniese groep verteenwoordig nie, omdat dit nie haalbaar en regverdig sou wees nie. Die DA het ook reeds ‘n plan in plek om die munisipaliteit se probleme aan te spreek en op te los.
Storie en foto: NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com
Foto: Jacques Smalle, provinsiale leier van die DA en Mariëtte Pretorius, Wyk 22 se DA-wykkandidaat tydens ‘n besoek aan Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes.



