Local NewsNews

Polokwane lughawe-hoë vas op klagte van diefstal, bedrog

Frans Ramodipa, Polokwane Internasionale Lughawe se batebestuurder het Dinsdag in die Polokwane Landdroshof op aanklagte van diefstal en bedrog verskyn nadat hy hom glo verlede week aan die polisie oorgee het. Die saak is tot Augustus uitgestel en Ramodipa sal in aanhouding bly. Die departement vir vervoer, veiligheid, sekuriteit en skakeling se woord­voerder oor verkeer, …

Frans Ramodipa, Polokwane Internasionale Lughawe se batebestuurder het Dinsdag in die Polokwane Landdroshof op aanklagte van diefstal en bedrog verskyn nadat hy hom glo verlede week aan die polisie oorgee het.
Die saak is tot Augustus uitgestel en Ramodipa sal in aanhouding bly.
Die departement vir vervoer, veiligheid, sekuriteit en skakeling se woord­voerder oor verkeer, Kagiso Mootane sê Ramodipa het homself oorgegee nadat die departement onlangs ‘n ondersoek teen die bestuur van die lughawe geloods het.
Sy sê hy het na bewering nie-amptelik kwitansieboeke aangeskaf en geld namens een van die huurmotormaatskappye wat vanaf die lughawe bedryf word, ontvang. “Die geld wat hy ontvang het, is klaarblyklik nie by Gateway Airports Authority Limited (Gaal) verklaar nie. Hy het glo ook die huurmotormaatskappy oorreed om aan hom ‘n huurmotor vir persoonlike gebruik te verskaf,” sê Mootane.
Sy sê die saak is vir verdere ondersoek uitgestel omdat Ramodipa blykbaar met een van die getuies ingemeng het en blykbaar ‘n vals woonadres by die hof ingedien het.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, Moa-tshe Ngoepe kon teen druktyd nie kommentaar lewer nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button