Vermiste vrou, meisies gevind
Die polisie het bevestig dat die vrou en twee meisies wat gister (Woensdag) in Ladanna vermis geraak het, gevind is. Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê hulle is by ‘n familievriend in Musina opgespoor. “Daar is geen bevestiging of hulle wel ontvoer was nie en die omstandighede rondom hul verdwyning sal ondersoek word,” het Otto vanoggend …

Die polisie het bevestig dat die vrou en twee meisies wat gister (Woensdag) in Ladanna vermis geraak het, gevind is.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê hulle is by ‘n familievriend in Musina opgespoor. “Daar is geen bevestiging of hulle wel ontvoer was nie en die omstandighede rondom hul verdwyning sal ondersoek word,” het Otto vanoggend (Donderdag) gesê.
Gerugte het gister die rondte gedoen dat die vrou, haar vyfjarige kind en 15-jarige susterskind vanuit die parkeerterrein by ‘n dokterspreekkamer in Doornkraalstraat ontvoer is. ‘n Swart BMW was glo by die beweerde ontvoering betrokke.
“Ons kan nog nie die betrokkenheid van enige BMW bevestig nie. Nou dat die persone gevind is, sal ons verklarings afneem en enige inligting wat daaruit spruit, deeglik ondersoek,” sê Otto.
Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Polisie op die toneel in Doornkraalstraat waar die ontvoering vroeër vandag plaasgevind het.



