Local NewsNews

Voormalige leerkrag se saak van rol geskrap

Die saak van seksuele aanranding wat teen ‘n voormalige leerkrag van Laerskool Pietersburg-Oos aanhangig gemaak is, is na herhaaldelike kere wat dit uitgestel is gister (Woensdag) in die Polokwane landdroshof van die rol geskrap. Die saak spruit uit klagte wat van leerders van die skool ontvang is en ‘n bron wat by die ondersoek betrokke …

Die saak van seksuele aanranding wat teen ‘n voormalige leerkrag van Laerskool Pietersburg-Oos aanhangig gemaak is, is na herhaaldelike kere wat dit uitgestel is gister (Woensdag) in die Polokwane landdroshof van die rol geskrap.
Die saak spruit uit klagte wat van leerders van die skool ontvang is en ‘n bron wat by die ondersoek betrokke was, het vroeër aan Polokwane Observer gesê dat die staat se saak tot ‘n groot mate berus op beeldmateriaal wat met die skool se geslotebaan kameras opgeneem is.
Die staatsaanklaer het die hof meegedeel dat die ondersoek nog nie voltooi is nie en dat die staat dus nie gereed is om met die verhoor te begin nie.
Die beskuldigde se borggeld sal terugbetaal word en die saak kan op die rol teruggeplaas word indien verdere ondersoek daarop dui dat suksesvolle vervolging ingestel kan word.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button