Local NewsNews

Wêreldtoer en fees by Hervormde Kerk gehou

Wêreldtoer en fees vir die gemeenskap se genot.

POLOKWANE – Die Hervormde Kerk Welgelegen het Vrydag en Saterdag, 9 en 10 September ‘n Wêreldtoer en fees gehou vir die plaaslike gemeenskap om te geniet.

Elke stalletjie tydens die fees moes ‘n spesifieke land uitbeeld, wat moes pas by die produkte/eetgoed wat hulle verkoop het. Lande soos Australië, Hawaii, Meksiko, Parys, Indië en nog vele meer was uitgebeeld.

Besoekers het ook heelwat kos en lekkergoed gehad om aan te smul. Daar was lekker biltong, pizzas, vetkoek, tacos en vele meer om van te kies.

Die gemeenskap was ook verder bederf met vele vermaak deur die koorfees, lyndans, “The singing Chef” en deur bekende sanger Kevin Leo.

Daar word jaarliks ‘n trofee uitgegee vir die mees unieke stalletjie en die Parys Kofiekroeg en Indië Rys 4 Carry stalletjies as gesamentlike wenners weggestap.

calvyn@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button