GPF, polisie betrap inbrekers op heterdaad
Goeie samewerking tussen die lede van sektor 3 en 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die vinnige reaksietyd van die polisie het daartoe gelei dat twee vermeende inbrekers verlede Donderdag by ‘n huis in Van Zyl Slabbertstraat aangekeer is. Volgens ‘n bron van die GPF het ‘n lid van die forum ongeveer 10:00 deur middel van ‘n …

Goeie samewerking tussen die lede van sektor 3 en 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die vinnige reaksietyd van die polisie het daartoe gelei dat twee vermeende inbrekers verlede Donderdag by ‘n huis in Van Zyl Slabbertstraat aangekeer is.
Volgens ‘n bron van die GPF het ‘n lid van die forum ongeveer 10:00 deur middel van ‘n tweerigtingradio ingeroep dat twee verdagtes na bewering besig was om by ‘n huis in te breek.
“GPF-lede het dadelik gereageer en hul na die huis gehaas waarna die polisie geskakel is. Die polisie het vinnig gereageer en die verdagtes het geen wegkomkans gehad nie,” sê die bron. Die twee mans is op die erf betrap en gearresteer. Hulle het glo ook dwelms in hulle besit gehad, volgens die bron.
Polokwane polisie se kommunikasiehoof, Ntobeng Phala kon nie die voorval bevestig nie.
Polokwane GPF-skakelbeampte, Johan Retters het die lede en die polisie vir hul vinnige optrede en suksesvolle arrestasie bedank.
“Dit is weereens ‘n bewys dat ‘n goeie verhouding tussen lede van die gemeenskap, die GPF en die polisie vrugte afwerp. Ons maan inwoners om by die GPF betrokke te raak om misdaad nog meer effektief te beveg,” sê Retters.
Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Twee vermeende inbrekers word agter in ‘n vangwa gelaai nadat hulle op heterdaad deur lede van die GPF en polisie by ‘n huis in Van Zyl Slabberstraat betrap is.



