Geel en goud om kinders te help
September is Kinderkanker-bewusmakingsmaand, 'n tyd om kinders en gesinne te eer en te onthou wie deur dié siekte geraak word.
Ansa Smit, Kansa Dienslewerings-vrywilliger, gee ‘n paar wenke om die risiko vir die gevreesde siekte te verminder:
•Kies om jouself met kennis te bewapen.
•Moduleer ‘n gebalanseerde en gesonde leefstyl aan jou kind. Dit wat jy eet, drink en inasem is die materiaal waarmee jou liggaam sy nuwe selle daagliks moet bou. Gebruik die beste ‘boumateriaal’ wat jy kan bekostig, jou liggaam is die kosbaarste besitting wat jy het.
•Demonstreer Son-Slim optrede. Gebruik ‘n goeie sonblok (SPF 20 tot 50) en vermy direkte sonlig tussen 10vm en 3nm.
•Dra UV-beskermende klerasie en oogbeskerming.
•Kies om jou kind die reg tot ‘n rookvrye wêreld te gee, onthou tweede- en derdehandse rook is ook skadelik vir jou gesondheid.
•Vermy erkende karsinogene en leer jou kind om dit te identifiseer.
Vir meer inligting in verband met kanker risiko’s asook Cansa’s Tough Living with Cancer (TLC) program vir kinderkanker, besoek www.cansa.org.za.



