Local NewsNews

Denim en diamant vir ‘n goeie saak

Mev. Polokwane finalis, Maurene Louw, het dit goedgedink om 'n mandjiedans te hou as haar geldinsamelingsprojek.

POLOKWANE – Die organisasie waarvoor sy die geld ingesamel het, is Reach for a Dream en die tema van die aand was Denim en Diamant en die versierings was denimbroeke met diamant juwele.

Eugene en sy orkes asook Milan Moon en Sounds Good was gaskunstenaars vir die aand en die gaste kon heelaand saam kuier en dans.

Verteenwoordigers van Reach for a Dream was ook daar en David Fourie, veldwerker van Reach for a Dream, het aan gaste vertel wat Reach for a Dream alles vermag.

Mev. Polokwane 2016, Jackie Shrives, het ook belowe om R10 000 namens die organisasie aan Reach for a Dream te skenk.

“Die mense wat die aand bygewoon het, het dit vreeslik geniet. Ek wil net dankie sê aan almal wat items geborg het,” vertel Maurene.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button