Local NewsLocal sportNewsSport

Nuwe rugby-koors duik stad plat

Vra jy die jongklop wat hulle eendag wil word as hulle groot is, is die meeste seuns se antwoord: “Ek wil rugby speel.

POLOKWANE – Die Kremetart JeugKlub Rugby bied seuns tussen die ouderdom van nege en 13 jaar oud die geleentheid om hulle rugby-droom te bewaarheid.

“Daar is baie seuns in privaatskole en wat tuis-ondderrig ontvang wat nie die geleentheid het om rugby in skoolverband te speel nie, ons sal graag dié seuns die geleentheid gee,” vertel Jan Slabbert van Kremetart Jeugklub.

Slabbert is al die afgelope vyf jaar ‘n rugbyafrigter en sien uit daarna om rugby onder die jongklomp te bevorder.

Hy vertel verder dat selfs seuns wie nie vir hulle skoolspanne gekies is nie, by die klub kan aansluit.

“Ons wil graag spanne van verskillende ouderdomsgroepe hê, en die spanne dan laat wedstryde speel” verduidelik hy.

Ouers wat daarin belangstel om hul seuns by die Kremetart Rugby Jeugklub in te skryf kan  Slabbert kontak by 083 483 7069, info@kjkrugby.co.za of www.kjkrugby.co.za.

Inwoners en besighede wat dié inisiatief wil borg kan hom ook kontak vir nader vir meer inligting.

calvyn@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button