Local NewsLocal sportNewsSport

‘Die ontwikkeling van atlete begin van kleins af’ – Willie Nortman

Jare lange afrigter van atlete in die stad, Willie Nortman, het aan Review vertel hoekom hy glo daar minder atletiek belangstelling is in leerders en hoe hul ontwikkeling werk.

POLOKWANE -Hy vertel dat hy telke male aan skoolhoofde en afrigters die vraag gevra het hoekom daar op die sport byeenkomste leerders is met ongelooflike talent wat eerder op die pawiljoen sit as om deel te neem.

Nortman vertel dat in sy meer as 20 jaar ondervinding in die afrigting van atletiek een ding raak geloop het wat vir hom uitstaan as dit kom by atlete.

“Daar is nie genoeg belangstelling van ouers in die sport waarin die kinders deelneem nie,” vertel hy.

Hy vertel dat een van die grootste foute wat ouers maak is om te sê dat die kind eers sal deelneem as hy goed kan hardloop.

“Geen atleet gaan altyd kan wen nie en deur te verloor beteken dit nie die kind is verlore nie.

“Dit leer hom of haar om net volgende keer harder te werk,” vertel Nortman.

Hy sê dat wanneer dit kom by die atleet se onwikkeling hang dit af van baie dinge wat insluit en begin by langtermyn beplanning.

Hy raai aan dat daar by elke atleet die volgende moet wees om seker te maak die beste kan uit ‘n atleet gehaal word:
1. Oefen program wat by die atleet pas en nie andersom nie en dit moet inspannend en gereeld wees.

2. Daar moet afwisseling wees in die oefenrooster van elke atleet.

3. Met die tegnologie kan daar vandag van die atleet ‘n foto of video geneem word om te wys waar hy of sy aan hul tegniek kan werk.

4. Meer kans vir die atleet om deel te neem soos buurskole teen mekaar meeding wat help om die talent van die atleet te bou en uit te brei.

5. Deur gereeld te oefen ontwikkel die atleet ‘n liefde vir die sport waaraan hy deelneem en raak met elke oefensessie beter.

Dit is van kardinale belang dat atlete van so jonk moontlik die kans gegee word om deel te kan neem en goed te kan doen. Maar hulle moet reg behandel word om te verseker dat ons sterre in die sportwêreld helder gaan bly skyn,” sê Nortman.
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button