‘N BEKENDE inwoner en legende van Sterkrivier, Louis Petrus Vorster Lessing het sy kort geveg teen longkanker verloor.
Lessing is op 22 Januarie oorlede. Hy het in 1956 saam met sy ouers op Sterkrivier gaan woon en was vir meer as 60 jaar deel van die Sterkrivier gemeenskap. Hy was die oudste van oom Louis en Tan Sannie se 11 kinders. Hy was ook bekend vir sy DKW karre waarnmee hy altyd gery het en sy liefde vir kaalvoet loop
Sy ter-aardebestelling vind plaas op Saterdag 28 Januarie 2017 om 10h00 in die begraafplaas op Mokopane en al sy vriende en familie is welkom. Daarna sal almal vertrek na Sterkrivier Boeresaal waar die kerkdiens om 11h30 gehou word.
Besigtiging sal toegelaat word op Saterdag van 08h00 to 09h00 by El-Shadai begrafnis ondernemers, 76 Pretorius Straat in Mokopane. Hy laat sy vier kinders, twee skoonkinders en vyf kleinkinders agter.
Die Lessing-gesin bedank almal vir hulle ondersteuning, gebede en bystand in hierdie tyd.




