Local NewsNews

‘n Blink toekoms in tandheelkunde vir Monique

Monique gaan aan die Universiteit van Pretoria studeer hierdie jaar.

MET ‘n vonkel in die oog vertel Monique de Sousa, een van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se 2016 matriekuitblinkers, sy is oppad om haar droom in Pretoria te gaan najaag.

Monique wat sewe onderskeidings behaal het, gaan tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy sien uit na die studentelewe en om haar loopbaan op dreef te kry.

Monique wat verlede jaar onderhoofmeisie van HPP was, sal veral vanjaar op die sportvelde van die skool gemis word. Sy het op die atletiekbaan en hokkievelde haar beste gegee en spog met tonne trofeë en sertifikate.

Sy vertel hoe hard sy verlede jaar gewerk het om haar skoolloopbaan goed af te sluit. “Ek het vyf onderskeidings verwag, toe kry ek sewe. My raad aan die nuwe gr. 12’s is om te sorg dat jou prioriteite reg is. Werk hard en sorg vir balans. Jy bepaal jou eie toekoms. Wanneer jy met jou eindvraestel voor jou sit, is jy net ‘n nommer. Doen jou beste en jy sal ryklik beloon word.”

Sy het talle ou vraestelle deurgewerk om haar voor te berei op die eindekskamen. Wiskunde was haar gunsteling vak en juffrou Lientjie Venter was reeds in die begin van haar hoërskoolloopbaan daar om haar aan te moedig. Sy bedank ook haar ouers vir hulle lojale ondersteuning.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button