NewsSchool sportSchoolsSport

Tuks reeks skop af by PHS

Saterdag se wedstryde word op PHS se veld gespeel en beloof om die voorloper van 'n aksie-belaaide maand te wees.

POLOKWANE – Die jaarlikse Tuks Reeks skop amptelik hierdie Saterdag af.

Die kompetisie gaan na verwagting straf wees met slegs 13 skole wat vanjaar gaan deelneem en inwoners word aangemoedig om Hoërskool Pietersburg (PHS) te ondersteun wanneer hulle Hoërskool Eldoraigne die stryd aansê.

PHS in aksie in 2015 se Tuks Reeks.

Saterdag se wedstryde word op PHS se veld gespeel en beloof om die voorloper van ‘n aksie-belaaide maand te wees. Die eerste ronde beloof om ‘n maand vol tawwe werdstryde voor te sit.

Wedstryde in Maart:
• 4 Maart:
PHS vs. Hoërskool Eldoraigne.
Hoërskool Rustenburg vs. Hoërskool E.G. Jansen.
Hoërskool Klerksdorp vs. Hoërskool Florida.
Hoërskool Transvalia vs. Hoërskool Menlopark.
• 7 Maart:
Hoërskool Nelspruit vs. HTS Middelburg.
• 11 Maart:
Hoërskool Kemptonpark vs. Hoërskool Transvalia.
PHS vs. Hoërskool Monument.
Hoërskool Rustenburg vs. Garsfontein.
Hoërskool Klerksdorp vs. Hoërskool Nelspruit.
Hoërskool Florida vs. HTS Middelburg.
18 Maart:
Hoërskool Menlopark vs. Hoërskool Kemptonpark.
Hoërskool Monument vs. Hoërskool Eldoraigne.
Hoërskool E.G. Jansen vs. Hoërskool Garsfontein.
HTS Middelburg vs. Hoërskool Klerksdorp.
Hoërskool Florida vs. Hoërskool Nelspruit.

Tarren Harrison is gereed om die bal uit te gee tydens die o/15A- netbalwedstryd teen Hoërskool Marais Viljoen.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button