Local NewsNews

Serala-moordverdagte in April weer voor hof

Die moordsaak teen Alex Chauke, wat daarvan verdink word dat hy in Mei 2015 vir Ignat Oosthuizen in sy meenthuis in Serala Village doodgesteek het, is Maandag in die Seshego Streekhof tot April uitgestel. Chauke het vroeër vandeesmaand vir die derde keer sy regsverteenwoordiger in die pad gesteek waarna die saak uitgestel is om hom …

Die moordsaak teen Alex Chauke, wat daarvan verdink word dat hy in Mei 2015 vir Ignat Oosthuizen in sy meenthuis in Serala Village doodgesteek het, is Maandag in die Seshego Streekhof tot April uitgestel.
Chauke het vroeër vandeesmaand vir die derde keer sy regsverteenwoordiger in die pad gesteek waarna die saak uitgestel is om hom geleentheid te gee om ‘n nuwe prokureur aan te stel.
Hy het vermoedelik by Ignat en sy vrou, Simoné se woning ingebreek waarna ‘n bakleiery tussen hom en Ignat ontstaan het. Ignat het as gevolg van ‘n noodlottige messteek en gevolglike bloedverlies in sy huis beswyk.
Simoné het die inbreker kaalvuis gepak en daarin geslaag om hom by die deur uit te dryf. Sy het ernstige steekwonde aan haar hand en arm opgedoen en moes ‘n noodoperasie ondergaan.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button